Not Logged in
SARL News Bulletin Archive



Home

Bulletin by e-mail
Bulletin Archive


SUID-AFRIKAANSE RADIOLIGA NUUS SONDAG 09 OKTOBER 2016

Goeiemôre en welkom by die weeklikse nuusuitsending van die Suid-Afrikaanse Radioliga, gelees deur ________________________ (jou naam, roepsein en QTH)

Die Suid-Afrikaanse Radioliga saai elke Sondag nuus bulletins in Afrikaans sowel as Engels om 08:15 en 08:30 plaaslike tyd onderskeidelik uit op HF sowel as op verskeie BHF- en UHF-herhalers. Hierdie uitsendings word ook via Echolink herlei deur ZS0JPL.

‘n Oudio opname sowel as ‘n teks weergawe kan van die Liga se webblad, www.sarl.org.za,afgelaai word, en jy kan ook daar inteken om nuwe bulletins per e-posteontvang.

IN DIE NUUS VANDAG

TRANS ATLANTIESE BHF REKORD AAN SKERWE

OKOSA BEGIN MET KONSULTASIE VIR GOEDKEURING VAN RADIO TOERUSTING


**** Mike Bosch, ZS2FM het vroeer in die week berig dat hy om 04:09 SAT op 5 Oktober 2016 ‘n epos van Pieter Jacobs, V51PJ, ontvang het met die Wonderlike nuus dat die BHF Trans atlantiese kommunikasie brug uiteindelik oor gesteek is. In die epos noem Pieter dat hy en Marcos, PY1MHZ, om 20:38 en 00:25 onderskeidelik seine van die teenoorgestelde stasies ontvang en gedekodeer het deur middel van die QRA64 sagteware op 144,250 MHz. Pieter se sein is deur Marcos ontvang teen -37db om 20:38 terwyl Marcos se sein ontvang is by Pieter se stasie teen -36db om 00:25.

Pieter, V51PJ, in Rosh Pinah, beskik oor 2 x 13 element rigstraler antennes en 1000 watt uitsetkrag terwyl Marcos, PY1MHZ, gebruik maak van ‘n 43 element rigstraler en voor versterker. Heelwat pogings is reeds aangewend om die Atlantiese Osean met BHF oor te steek maar tot nou was niemand nog suksesvol nie. Behalwe vir die Wonderlike nuus dat die Atlantiese osean grens nou oorgesteek is, is daar ook die klein sakie van ‘n nuwe 6000km rekord vir 144mHz

**** Teen Vrydagaand ontvang die SARL nuus span toe die volgende van Dennis Green ZS4BS. Die oorbrugging van die Atlantiese osean vroeer die week blyk ‘n vals alarm te wees. Die twee stasies, Marcos, PY1MHZ, in Brasilie en Pieter Jacobs, V51PJ, in Namibie se prestasie is ongelukkig deur ‘n gogga in die sagtware gefnuik en die hele oefening sover was dus tevergeefs.

Soos reeds berig is die seine, wat inderdaad baie swak was, ontsyfer deur die QRA64 sagteware maar dit wil nou voorkom asof die sagteware nog in die ontwikkelingsfase is en dat die insluiting van beide reopseine tot gevolg kon he dat die sagtware die inligting vals kon dekodeer. Skermgrepe van die protocol wat gebruik is, en wat gelewer is as dokumentere bewys dat die kontak wel plaasgevind het maar volgens Joe Taylor, K1JT, die leier van die ontwikkelingspan van die sagteware blyk dit dat ‘n prototipe van die protokol gebruik is. By nadere ondersoek het dit geblyk dat dit die dekodering verkeerdelik kon beinvloed.

Geen gemene spel word egter vermoed nie en dit is baie duidelik dat die twee manne wat die aanspraak gemaak het onder geen omstandighede enigiemand onder ‘n vals indruk wou bring nie. Taylor het aan die ARRL bevestig dat dit ‘n fout in die sagteware is en dat dit ‘n eerlike fout was. Hoewel dit baie ongelukkig is laat dit steeds die deur wawyd oop vir verdere eksperimente. Om ‘n BHF QSO oor so lang afstand te bewerkstellig is uiters uitdagend en moet nog volbring word. Die “Irish Radio Transmitters Society” het die Brendan toekening daar gestel om juis so ‘n eerste trans atlantiese kontak te beloon. In 2015 was daar egter ook so vals alarm toe daar aanspraak gemaak is op ‘n 2 meter kontak tussen Newfoundland en Ierland. Hierdie kontak is egter deur die Internasionale ruimtestasie gekaats toe dié op die half pad merk tussen die twee punte was.

Die WSJT sagteware bondel bevat verskillende digitale modusse wat ontwerp is om uiters lae sein tot geraas verhoudings te kan hanteer. Hierdie sluit in JT65, JT9 en WSPR. Die QRA64 modus is ontwikkel deur Nico Palermo, IV3NWV, in samewerking met Joe Taylor, K1JT. Die sagteware maak gebruik van WSJT-X kodering wat op verskeie vlakke kan dekodeer en wat ook kommunikasie teen reeds voltooide QSO’s kan vergelyk om ‘n ooreenkoms tussen die inligting wat ontvang is te kan opspoor.

Pieter en Marcos het geweldig baie bele in hul soeke om hierdie kontak ‘n moontlikheid te maak en dit bly steeds ‘n projek in wording. Pieter, V51PJ, het gese dat die toestande voortdurend verander en dat hulle steeds probeer.

**** Teen 20 September het OKOSA ‘n besprekings dokument vrygestel rakende die goedkeuring, en uiteindelike vrystelling van sekere radio toerusting. Belanghebendes word uitgenooi om teen 2 Desember 2016 skriftelike voorleggings te maak aan OKOSA ten opsigte van die dokument.

Hierdie goedkeuring al dan nie van radio toerusting dra groot gewig by radio amateurs en is as sulks reeds geruime tyd op die agenda vir die SARL/ OKOSA vergaderings.

Ongeveer twee jaar gelede het die SARL OKOSA deur middel van ‘n dokument versoek dat amateurradio toerusting, insluitend tuis geboude toerusting nie aan die goedkeurings proses, wat op 26 Augustus 2013 gepromulgeer is en vereis dat alle radio toerusting goed gekeur moet word, onderwerp word nie.

OKOSA sal volgens die besprekings dokument wat laasweek gepubliseer is die oorspronklike voorstelle heroorweeg. Die SARL sal ook voorlopige gesprekke voer met OKOSA tydens die eerskomende SARL OKOSA vergadering wat op 17 Oktober 2016 sal plaasvind. Die Staatskoerant is beskikbaar op OKOSA se webblad www.icasa.org.za. Radio amateurs word versoek om insette te lewer aan die regulatoriese werkgroep deur epos te stuur aan sarlregwg@sarl.org.za teen 31 Oktober 2016.


HF VOORTPLANTINGSVOORSPELLING

Hannes Coetzee, ZS6BZP, berig dat die verwagte son aktiwiteits vlak laag gaan bly. Daar is bykans geen kans vir ernstige sonfakkels nie.

Diegene wat hulle eie frekwensie voorspellings wil doen, kan 'n verwagte effektiewe sonvlektelling van 25 vir die week gebruik.

Amateurs kan goeie openinge op die 15 tot 20m bande verwag. Daar is selfs 'n moontlikheid van 10m openinge op Noord-Suid son verligte paaie.

Besoek gerus die webtuiste spaceweather.sansa.org.za vir meer inligting.

En nou ons dagboek van gebeure vir die volgende paar weke

Vandag 9 Oktober - AWA Valve QSO geselligheid
9 Oktober - SARL Jeug Net
14 - 16 Oktober - Jamboree On The Air
15 Oktober - CQ HouKoers
20 Oktober Radio Amateur Eksamen
29 - 30 Oktober - CQ WW DX SSB wedstryd
5 November - RaDAR uitdaging

Ons sluit vandag se nuus met ‘n kort opsomming van ons hoofberig

Na die aanvanklikke opwinding van ‘n twee rigting kontak oor die Atlantiese oseaan tussen Suid Afrika en Brasilie het ons Vrydag verneem dat hierdie kontak heel waarskynlik nie werklik plaas gevind het nie en dat die kontak heel moontlik deur ‘n gogga in die QRA 64 sagteware gedoem is.

Pieter Jacobs, V51PJ, en Marcos PY1MHZ het aanvanklik gedink dat hulle suksesvol was in hul poging om ‘n transatlantiese kontak oor ongeveer 6000km te maak op 5 Oktober 2016. Beide Pieter en Marcos hou egter vol dat hul sal aanhou probeer en dat weens veranderende toestande dit net ‘n kwessie van tyd is voor hierdie droom bewaar word en die transatlantiese BHF brug oorgesteek gaan word.


Dit bring ons aan die einde van hierdie bulletin.

** Die Suid-Afrikaanse Radio liga se nuusdiens nooi klubs en individue uit om nuus brokkies van belang vir radio amateurs en kortgolf luisteraars in te dien. Plaas nuus berigte indien moontlik, in beide Engels en Afrikaans op die Suid-Afrikaanse Radio liga webtuiste onder die 'news inbox' skakel nie later as die Donderdag wat die bulletin datum vooraf gaan nie.

Luister elke Sondagoggend om 10:00 plaaslike tyd na "Amateur Radio Today". Daar is herleiding op 7 082 kHz laersyband, 7 205 en 17 660 kHz AM en verskeie herleidings op BHF en UHF frekwensies regoor Suid-Afrika. 'n oudio opname deur Dick, ZS6RO, is ook beskikbaar. 'n Heruitsending vind op Maandae om 18:30 plaaslike tyd op 4 685 kHz plaas.

Ons ontvang graag jou sein rapporte, kommentaar en voorstelle, stuur 'n e-pos aan artoday@sarl.org.za.Sentechborg die uitsendings op die nie-amateur frekwensies.

Jy het geluister na 'n nuus uitsending van die Suid-Afrikaanse Radio liga, saam gestel deur Dawie Conradie, ZR6DHC, geredigeer deur Vivian Dold, ZS6VD, en gelees deur ...........................................................

Die Afrikaanse nuus span groet nou en wens jou `n mooi week toe. Totsiens

/EX



Copyright © 1997- 2006  South African Radio League
Last modified: 14 April 2003